Die PGR-databasis bevat jou mediese rekords wat op jou eisegeskiedenis gebaseer is.
Jy kan nou 'n PGR via GEMS se webtuiste aanvra, en besluit om hierdie inligting met jou gesondheidsorgverskaffer te deel. Hou in gedagte dat hierdie rekord slegs gesondheids- en eise-inligting sal bevat wat deur GEMS aangeteken is.
Bygewerkte geskiedenis van medikasie-eise.
Mediese geskiedenis, insluitende chroniese toestande en allergieë.
Hospitalisering en geskiedenis van mediese prosedures wat ondergaan is.
Word inligting omtrent MIV in hierdie rekord ingesluit?
Nee, inligting omtrent MIV sal nie in die PGR ingesluit word nie.
Die pasiënt se gesondheidsrekord is slegs vir die hooflid toeganklik. Dit is jou reg om te besluit met wie jy hierdie inligting wil deel.
Wat is die voordele van die Pasiënt-gesondheidsrekord?
Dit kan help om die gehalte van jou gesondheidsorg te verbeter, aangesien jou gesondheidsorgverskaffer al die inligting byderhand sal hê wat hy/sy mag benodig.
Die gesondheidsrekord sal ook inligting bevat omtrent allergieë, wat handig sal wees om mediese foute te voorkom of te verminder.
Geen duplisering van mediese toetse nie! Alle toetse wat reeds ondergaan is, sal aangeteken word, met die gevolg dat jou voordele langer sal hou.
Hoe om toegang tot jou Pasiënt-gesondheidsrekord te verkry.
As jy die hooflid is, kan jy só toegang tot jou rekord verkry:
via GEMS se webtuiste by www.gems.gov.za, of deur GEMS se oproepsentrum by 0860 00 4367 te skakel. Die Pasiënt-gesondheidsrekord sal dan óf per e-pos óf per pos aan jou gestuur word.
Op GEMS se webtuiste:
Het jy 'n PIN vir GEMS se webtuiste?
As jy 'n PIN het, gaan direk voort met stap 1.
As jy nie 'n PIN het nie, gaan na www.gems.gov.za, kliek op "Login" en kliek op "Register" onder "Member". Jy sal vervolgens jou lidnommer (mediese skema-nommer), jou gekose PIN en ID-nommer moet intik. As jy dit gedoen het, kliek op die "Submit"-knoppie. Jou PIN sal geskep word en die volgende prosedure kan gevolg word:
Hoe om jou rekord op GEMS se webtuiste aan te vra:
Jy sal dan versoek word om 'n e-posadres in te tik as jy 'n elektroniese weergawe wil e-pos, so nie, kliek op die "Cancel"-knoppie om die uitdrukbare weergawe te sien.
Sodra jy op die "Cancel"-knoppie gekliek het, sal die uitdrukbare weergawe in 'n nuwe venster verskyn.
Om historiese Pasiënt-gesondheidsrekords te sien, kliek op "View History" om die geskiedenisblad oop te maak.
n Bladsy sal oopmaak wat die PGR in PDF-formaat bevat, asook die datum waarop dit gegenereer is.
Kliek op die "Download Letter"-knoppie om die PDF-weergawe van die gekose historiese PGR oop te maak.
Die PDF-weergawe van die PGR sal soos onderstaande voorbeeld lyk.
BELANGRIK:
Jy moet 'n aktiewe lid van GEMS wees om die jongste resultate te verkry.
SLEGS hooflede kan hierdie inligting aanvra.
Lede moet 'n aktiewe aanteken-PIN hê. Dit kan op die webtuiste geskep word.
Moet asseblief nie huiwer om ons by 0860 00 4367 te skakel as jy enige hulp met die gebruik van hierdie diens benodig nie.
